Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 02-03-2021 (vlak 3)



vorige toets 02 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-03-2021 só ingevul:



My sussie sal ........ as jy aan haar poppe raak.


skrioe
100 % (afgerond)skreeu 
skroei
skrieo

Die korrekte diftong is "eeu".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die versekeringsmaatskappy het met Justis oor sy uitkeerpolis ........ .


83 % (afgerond)gekorrespondeer 
13 % (afgerond)korrespondeer
1 % (afgerond)korespondeer
2 % (afgerond)gekorespondeer

Werkwoorde met drie of meer lettergrepe wat op "-eer" eindig, neem die "ge-" vooraan in die verlede tyd (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




'k ........ , solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof


27 % (afgerond)Sal 
58 % (afgerond)sal
15 % (afgerond)sal of Sal

As die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin (byvoorbeeld die onbepaalde lidwoord), word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy dit 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die betogers sê hulle wil net hul grondwetlike reg vir behoorlike behuising ........ .


96 % (afgerond)uitoefen 
oefen
inoefen
3 % (afgerond)beoefen

Die woord "uitoefen" beteken 'laat geld'; die woord "beoefen" beteken 'toelê' of 'jou gereeld mee besig hou'; die woord "oefen" verwys na 'n fisieke aktiwiteit soos sport of 'n vaardigheid.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties