Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 29-07-2021 (vlak 3)



vorige toets 29 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-07-2021 só ingevul:



Weens studenteprotes sal die toetse ........ word.


48 % (afgerond)herskeduleer
35 % (afgerond)geherskeduleer
skeduleer
17 % (afgerond)hergeskeduleer 

Werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra, kry "ge-" in die verlede tyd, al begin die woord met "her-", "byvoorbeeld "geherberg" en "hergeskeduleer" (AWS 19.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Ons moet hierdie oorwinning met 'n glasie sjampanje ........ .


fuur
3 % (afgerond)fier
97 % (afgerond)vier 
vuur

Jy "vier" iets wanneer jy gelukkig is oor iets, en jy is vol trots wanneer jy "fier" en regop loop.
Sien ook die bladsy Homofone.




Die druk in die ........ was te groot en het 'n ontploffing veroorsaak.


2 % (afgerond)vloeibare suurstof-tenk
vloeibare suurstof tenk
90 % (afgerond)vloeibaresuurstoftenk  
8 % (afgerond)vloeibare suurstoftenk

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "vloeibare" + selfstandige naamwoord "suurstof") en ʼn selfstandige naamwoord "tenk". Indien 'n mens "vloeibare suurstoftenk" sou skryf, beteken dit dat die tenk vloeibaar is.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Wat noem ons iemand wat van Madrid kom?


63 % (afgerond)Madrileen of Madridter 
20 % (afgerond)Madridter
14 % (afgerond)Madrileen
3 % (afgerond)Madritter

'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties