Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 15-08-2019 (vlak 2)



vorige toets 15 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-08-2019 só ingevul:



Die woord "uitslag" in die volgende sinne is 'n ........ .
Ek is allergies vir kathare en kry 'n uitslag op my vel as ek naby katte kom.
Die Parlement wag vir die uitslag van die kommissie van ondersoek.


93 % (afgerond)homoniem 
3 % (afgerond)sinoniem
3 % (afgerond)antoniem
1 % (afgerond)antifoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “uitslag” (‘vlekke of kolle op die vel’) en “uitslag” (‘resultaat’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




Die ........ tannie is lief daarvoor om die kinders te bederf.


1 % (afgerond)goed
goedig
3 % (afgerond)goede
96 % (afgerond)goedige 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("goedig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die voël op Suid-Afrika se landswapen is 'n ........ .



45 % (afgerond)slegs sekretarisvoël 
54 % (afgerond)sekretarisvoël of Sekretarisvoël
1 % (afgerond)sikretarisvoël of Sikretarisvoël

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "sekretarisvoël", "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.




Die polisie vuur ʼn sarsie skote oor die koppe van die oproerige skare.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "sarsie" in bostaande sin?



13 % (afgerond)soortname
66 % (afgerond)versamelname 
1 % (afgerond)eiename
19 % (afgerond)massaname

Versamelname is selfstandige naamwoorde wat 'n groep soortname beskryf, byvoorbeeld 'n "sarsie" skote, 'n "skool" visse, 'n "swerm" bye.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties