Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 15-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 15 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-08-2019 só ingevul:



Ek het op Ellisras ........ .


25 % (afgerond)groot geword
75 % (afgerond)grootgeword 
gegrootword

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra ("grootword"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" ("grootgeword")
(AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Klere van ........ is deesdae weer hoogmode.


1 % (afgerond)ruikiesgoed
93 % (afgerond)ruitjiesgoed 
1 % (afgerond)rykiesgoed
4 % (afgerond)rytjiesgoed

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “rytjiesgoed” in plaas van die korrekte “ruitjiesgoed”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Die druk in die ........ was te groot en het 'n ontploffing veroorsaak.


1 % (afgerond)vloeibare suurstof-tenk
vloeibare suurstof tenk
87 % (afgerond)vloeibaresuurstoftenk  
12 % (afgerond)vloeibare suurstoftenk

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "vloeibare" + selfstandige naamwoord "suurstof") en ʼn selfstandige naamwoord "tenk". Indien 'n mens "vloeibare suurstoftenk" sou skryf, beteken dit dat die tenk vloeibaar is.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Besoekers word gemaan om die terrein ........ te benader.


87 % (afgerond)versigtig 
13 % (afgerond)omsigtig

Die woorde "versigtig" en "omsigtig" is grootliks sinonieme, maar "omsigtig" word meer figuurlik gebruik en beteken 'met oorleg', 'nie halsoorkop nie', byvoorbeeld 'n delikate situasie. Die woord "versigtig" beteken 'behoedsaam om gevare of probleme te vermy'.
(Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties