Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 26-08-2019 (vlak 2)



vorige toets 26 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-08-2019 só ingevul:



Wanneer gaan ons weer vir Adele kuier?
Wat is die woordsoort van "wanneer" in bostaande sin?


19 % (afgerond)onbepaalde voorsetsel
4 % (afgerond)betreklike vooronderstelling
1 % (afgerond)persoonlike voorvoegsel
75 % (afgerond)vraende voornaamwoord 

'n Voornaamwoord is 'n woord wat in plaas van 'n selfstandige naamwoord gebruik kan word. Daar is ses kategorieë: persoonlike, onpersoonlike, betreklike, besitlike, vraende en onbepaalde voornaamwoorde. 'n Vraende voornaamwoord staan gewoonlik aan die begin van 'n sin, byvoorbeeld
"Wie" het gekom?
"Wat" het hy gesê?
"Watter" kind het seergekry?
"Waaroor" is jy dankbaar?
"Waarmee" is jy klaar?

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die foto's word ontwikkel in 'n ........ .


6 % (afgerond)donker kamer
1 % (afgerond)donker-kamer
93 % (afgerond)donkerkamer 

Wanneer 'n byvoeglike naamwoord ("donker") plus 'n naamwoord ("kamer") betekenisverdigting ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




As ons al die gaste aan een tafel wil laat sit, sal dit ........ moet wees.


1 % (afgerond)meer breër
98 % (afgerond)breër 
die breër
mees breër

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “breed”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “breër” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die breedste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Voltooi die uitdrukking: aardjie na sy ........ .


vardjie
15 % (afgerond)vaardjie
1 % (afgerond)vadertjie
84 % (afgerond)vaartjie 

Die uitdrukking "aardjie na sy/haar vaartjie" beteken 'hy/sy aard na sy/haar pa'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties