Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 17-02-2020 (vlak 3)



vorige toets 17 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-02-2020 só ingevul:



Johan is maar erg vrekkig.
'n Sinoniem vir "vrekkig" is:


91 % (afgerond)suinig 
4 % (afgerond)lui
5 % (afgerond)stadig
skaam

'n "Vrek" is iemand wat baie suinig is.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Daar is môre 'n 80%-kans ........ reën.


43 % (afgerond)vir
4 % (afgerond)van
52 % (afgerond)op 

Die "Tweetalige Voorsetselwoordeboek" dui aan dat dit "kans op reën" moet wees.
'n Mens hoor egter dikwels ook "kans vir" en "kans van", waarskynlik in navolging van die Engelse "chance for/of rain".
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.


5 % (afgerond)reusverskeidenheid
reusenverskeidenheid
28 % (afgerond)reuse verskeidenheid
67 % (afgerond)reuseverskeidenheid 

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die getal toeriste wat Suid-Afrika besoek, is aan die toeneem.
Wat is die woordsoort van "toeneem" in bostaande sin?



3 % (afgerond)voornaamwoord
73 % (afgerond)werkwoord 
13 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
11 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties