Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 30-08-2019 (vlak 2)



vorige toets 30 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-08-2019 só ingevul:



Sy redenasie is heeltemal ........ ; dit maak hoegenaamd geen sin nie.


95 % (afgerond)absurd 
1 % (afgerond)apsurd
apsurt
3 % (afgerond)absurt

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “b” en “p”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Idioom: Klein begin, aanhou ........ .


1 % (afgerond)begin
89 % (afgerond)win 
8 % (afgerond)besin
2 % (afgerond)bemin

Die idioom "klein begin, aanhou win", beteken 'volharding bring sukses, al is die begin nietig'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




'n Splinternuwe fabriek van ........ is onlangs in Rosslyn oopgemaak waar motors vir die uitvoermark monteer gaan woord.


11 % (afgerond)multi-miljoen rand
51 % (afgerond)multimiljoenrand
36 % (afgerond)multimiljoen rand 
2 % (afgerond)multi-miljoen-rand

Name van geldeenhede word altyd los van bedrae geskryf as dit in woorde uitgeskryf word, byvoorbeeld "sewentig rand", "tien pond", een miljoen euro".
Sien ook die bladsy Samestellings.




Ek dink jou plan is ........ en gaan soos 'n bom werk.


93 % (afgerond)manjifiek 
1 % (afgerond)magnifique
4 % (afgerond)magnifiek
3 % (afgerond)manjiefiek

Die woord "manjifiek" is 'n verafrikaanste woord van die Franse 'magnifique' en beteken 'uitstekend'. (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties