Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 18-11-2019 (vlak 2)



vorige toets 18 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-11-2019 só ingevul:



Die minister van polisie is bekommerd oor die vlaag van misdaad wat die land teister.
Wat is die woordsoort van "vlaag" in bostaande sin?


5 % (afgerond)werkwoord
51 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
24 % (afgerond)bywoord
20 % (afgerond)adjektief

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, "vlaag - die vlaag - vlae".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die ........ het verkies om nie te trou nie.


1 % (afgerond)ou-jong-kêrel
3 % (afgerond)ou jongkêrel
1 % (afgerond)ou jong kêrel
95 % (afgerond)oujongkêrel 

Byvoeglike naamwoorde (soos "ou" of "jong") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "kêrel") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die atlete wat aan vanjaar se wedloop deelneem, is ........ as verlede jaar s'n.


lenig
98 % (afgerond)leniger 
1 % (afgerond)meer leniger
1 % (afgerond)die leniger

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “lenig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “leniger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die lenigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Idioom: Iets sal jou ........ bekom.


6 % (afgerond)beter
4 % (afgerond)sier
1 % (afgerond)bruikbaar
88 % (afgerond)suur 

Die idioom "iets sal jou suur bekom", beteken 'jy sal vir iets moet boet'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties