Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 19-11-2019 (vlak 1)



vorige toets 19 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-11-2019 só ingevul:



Die soldate beset die stad.
Wat is die woordsoort van "beset" in bostaande sin?


bywoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
98 % (afgerond)werkwoord 
voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "beset", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die bekende gereg van maalvleis, groente en kapokaartappels noem ons 'n ........ .


89 % (afgerond)herderspastei 
7 % (afgerond)herderpastei
4 % (afgerond)herderspasty

Sommige samestellings word met 'n verbindings-s geskryf, ander daarsonder en by sommige is die verbindings-s opsioneel.
Interessant om te weet: "pastei" (met al sy samestellings; 'wilds-'; 'hoender-'; 'spinasie-' ensovoorts) is die enigste woord in Afrikaans wat op "-stei" eindig.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Die wêreld se tweede grootste kontinent is ........ .


1 % (afgerond)slegs afrika
91 % (afgerond)slegs Afrika 
8 % (afgerond)afrika of Afrika

Geografiese name, byvoorbeeld name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




Die boek behoort ........ Johan.


met
vir
3 % (afgerond)tot
97 % (afgerond)aan 

Die woord "aan" word altyd saam met "behoort" gebruik.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties