Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 09-09-2019 (vlak 3)



vorige toets 09 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-09-2019 só ingevul:



ʼn Jarmoelka is 'n ........ .



78 % (afgerond)Joodse skedelmus 
5 % (afgerond)Joodse fees
5 % (afgerond)ongesuurde Joodse brood
12 % (afgerond)Joodse wetsrol

ʼn Jarmoelka (Engels 'yarmulke') is ʼn skedelmus (klein hoedjie) wat meestal deur Joodse mans gedra word. Dit is ʼn Jiddisje leenwoord wat verafrikaans is. (Bron: AWS)

Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




Daar is môre 'n 80%-kans ........ reën.


54 % (afgerond)op 
5 % (afgerond)van
42 % (afgerond)vir

Die "Tweetalige Voorsetselwoordeboek" dui aan dat dit "kans op reën" moet wees.
'n Mens hoor egter dikwels ook "kans vir" en "kans van", waarskynlik in navolging van die Engelse "chance for/of rain".
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Voordat ek formeel kon begin werk, moes ek ........ ondergaan.


55 % (afgerond)drie maande basiese opleiding 
23 % (afgerond)driemaande- basiese opleiding
13 % (afgerond)driemaandebasiese-opleiding
8 % (afgerond)driemaandebasiese opleiding

Wanneer maatbepalings gevolg word deur 'n byvoeglike naamwoord word dit los geskryf, byvoorbeeld "drie maande basiese opleiding", "baie eeue lank", "'n kilometer diep myn".
AWS2017 15.42.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die woord "is" in die sin is 'n ........
Die gestorwe digter is tydens ’n lofrede verheerlik.



8 % (afgerond)omskrywingswerkwoord 
11 % (afgerond)skakelwerkwoord
35 % (afgerond)koppelwerkwoord
46 % (afgerond)hulpwerkwoord

Omskrywingswerkwoorde en koppelwerkwoorde kan met mekaar verwar word, omdat werkwoorde soos “is”, “was”, en “word” koppelwerkwoorde maar ook in die passief as omskrywingswerkwoorde kan optree, byvoorbeeld: As koppelwerkwoord: Rusland “is” gereed vir oorlog. As omskrywingswerkwoord: Die digter “is” tydens die lofrede verheerlik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
49% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties