Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 13-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 13 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-09-2019 só ingevul:



Die woord "geslag" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die Bohlmanns het gister 'n bees geslag.
Die monoteïstiese gelowe spruit almal uit die geslag van Abraham.


5 % (afgerond)antifoon
70 % (afgerond)homoniem 
21 % (afgerond)homofoon
4 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “geslag” (‘verlede tyd van slag’) en “geslag” (‘afstammeling’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




Kyk die ........ daar in die veld!


3 % (afgerond)fisantens
4 % (afgerond)fisants
9 % (afgerond)fisantes
85 % (afgerond)fisante 

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




As iemand baie verlief is, sê ons hy of sy is ........ .


95 % (afgerond)smoorverlief 
3 % (afgerond)vrekverlief
2 % (afgerond)vergete en verlief

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Ben het ʼn vrou en twee kinders om te onderhou.
Wat is die woordsoort van "onderhou" in bostaande sin?



7 % (afgerond)selfstandige naamwoord
4 % (afgerond)bywoord
87 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "onderhou", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties