Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 13-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 13 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-09-2019 só ingevul:



Vrugbare grond is ideaal vir ........ .


66 % (afgerond)landbouaktiwiteite 
12 % (afgerond)landbou aktiwiteite
22 % (afgerond)landbou-aktiwiteite

’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld “landbouaktiwiteite”, “naoorlogs”, “pouoogmot” (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.




Idioom: Met die ........ voet uit die bed klim.


100 % (afgerond)verkeerde 
beseerde
dom
regte

Hierdie idioom beteken 'om in 'n slegte bui op te staan.'
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Het jy onthou om ʼn ........ te maak?


1 % (afgerond)rug-steun-kopie
1 % (afgerond)rug steun kopie
6 % (afgerond)rugsteun-kopie
92 % (afgerond)rugsteunkopie 

ʼn Samestelling ("rugsteunkopie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("rug", "steun" en "kopie") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die ........ president moet weens die jongste skandaal oral vure doodslaan.


74 % (afgerond)beleërde 
21 % (afgerond)beleerde
3 % (afgerond)belegerde
2 % (afgerond)belêerde

Die woord "beleër" in die betekenis van 'lastig val' word met 'n deelteken geskryf. Vergelyk die woord "leër" wat 'krygsmag' beteken.
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties