Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 25-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 25 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-09-2019 só ingevul:



Ons het vanoggend ........ van ’n leeu langs ons ruskamp gesien.


1 % (afgerond)sporens
95 % (afgerond)spore 
4 % (afgerond)spoore
1 % (afgerond)spoors

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("spoor"), kry ’n "-e" in die meervoud AWS 13.2)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




In oorlogstyd vaar handelskepe gewoonlik begelei deur ʼn gewapende ........ .


28 % (afgerond)konfooi
3 % (afgerond)konvoi
1 % (afgerond)konfoi
68 % (afgerond)konvooi 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die reëlings vir die wêreldbeker word deur die ........ getref.


72 % (afgerond)FIFA hoofkantoor
9 % (afgerond)Fifahoofkantoor 
9 % (afgerond)FIFAhoofkantoor
10 % (afgerond)Fifa hoofkantoor

Samestellings met 'n letterklankwoord (akroniem) as eerste element word op dieselfde wyse hanteer as samestellings waarin 'n volledige eienaam optree. Wanneer die akroniem egter 'n letternaamwoord is (dus met hoofletters geskryf word), word die akroniem met 'n koppelteken aan die tweede deel verbind (byvoorbeeld "ATKV-hoofkantoor").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




Die woord "stede" in die volgende sinne is ’n ........ .
In stede van leer, het hy gaan fliek.
Johannesburg, Amsterdam, New York en Berlyn is bekende stede.


17 % (afgerond)homofoon
4 % (afgerond)sinoniem
3 % (afgerond)antifoon
76 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "in stede van" (‘in plaas van’) en "stede" (‘groot nedersettings’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties