Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 25-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 25 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-09-2019 só ingevul:



Die panda sukkel om ........ .



14 % (afgerond)voortbestaan
80 % (afgerond)voort te bestaan 
3 % (afgerond)te voortbestaan
4 % (afgerond)voorttebestaan

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die panda sal nog lank voortbestaan.” en “Die panda sukkel om voort te bestaan.”
Sien ook die bladsy Samestellings.




........ jy vertel vir hulle, ........ ek gaan.


33 % (afgerond)Òf ... òf
of ... of
46 % (afgerond)Óf ... óf 
20 % (afgerond)Of ... of

Die akuutteken word gebruik om beklemtoning aan te dui.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.




Idioom: Alle ........ op 'n stokkie.


1 % (afgerond)broodjies
98 % (afgerond)grappies 
1 % (afgerond)vleisies
lekkergoed

Die idioom "alle grappies op 'n stokkie" beteken "in alle erns" of "sonder om grappies te maak".
Die "stokkie" in die idioom is die sotskof wat die nar aan die hof van die koning gedra het. Die spreekwoord was eintlik 'n vermaning aan die nar om sy grappies te staak.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Breyten Breytenbach is 'n aanhanger van die ........ .


5 % (afgerond)boeddhisme
21 % (afgerond)Boeddhisme
74 % (afgerond)Boeddhisme of boeddhisme 

Afleidings op "-is", "-isme", "-istiek" en "-isties" wat uit eiename gevorm is, kan met 'n hoofletter of 'n kleinletter begin.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties