Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 27-09-2019 (vlak 3)



vorige toets 27 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-09-2019 só ingevul:



Maak asseblief vir my vyf ........ vol met water.


11 % (afgerond)20 literhouers
6 % (afgerond)20 liter houers
83 % (afgerond)20-literhouers 

Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer, word vas met 'n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "20-literhouers", "F16-vegvliegtuig" (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Ons het maar langsamerhand agtergekom hoe skelm sy is.
Wat is die woordsoort van "langsamerhand" in bostaande sin"?



9 % (afgerond)bywoord van graad
39 % (afgerond)bywoord van tyd
41 % (afgerond)bywoord van wyse 
11 % (afgerond)bywoord van modaliteit

Bywoorde modifiseer die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "langsamerhand", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Uitdrukking: ........ of hy ooit die erns van die saak sal besef!


Almal weet
96 % (afgerond)Nugter weet 
3 % (afgerond)Niemand weet
Enigeen weet

As 'niemand weet nie', sê ons "nugter weet". As ons dié uitdrukking gebruik, kom daar nie 'n tweede "nie" in die sin nie. As jy sê: "Niemand weet...", moet daar wel 'n tweede "nie" in die sin gebruik word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




17 ........ het die Suid-Afrikaanse span in 2014 gehaal.


15 % (afgerond)atlete of Atlete
25 % (afgerond)Atlete
59 % (afgerond)atlete 

Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties