Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 10-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 10 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-10-2019 só ingevul:



Die minister moes voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge verskyn oor haar departement se verkwistende besteding.
'n Sinoniem vir "verkwistende" is ........ .


1 % (afgerond)suinige
1 % (afgerond)spaarsamige
1 % (afgerond)beperkte
98 % (afgerond)spandabelrige 

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "verkwistend" is 'spandabelrig'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Dit is die ........ boek wat ek nóg gelees het.



11 % (afgerond)mees boeiendste
88 % (afgerond)boeiendste 
meer boeiend
1 % (afgerond)mees boeiend

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “boeiend”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “boeiender” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “boeiendste”. In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Elsa is vreeslik ........ as dit kom by die bevordering van taalregte.


2 % (afgerond)Prozoeloe
90 % (afgerond)pro-Zoeloe 
5 % (afgerond)Pro-Zoeloe
3 % (afgerond)prozoeloe

By byvoeglike naamwoorde wat met die voorvoegsel "pro-" van taalbenamings afgelei is, begin die taalbenaming met 'n hoofletter na die koppelteken wat die voorvoegsel aan die taalbenaming verbind.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.




Die hond laat ʼn waarskuwende knor hoor.
Wat is die woordsoort van "knor" in bostaande sin?



7 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
45 % (afgerond)werkwoord
6 % (afgerond)bywoord
42 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “knor - die knor – knorre”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties