Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 15-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 15 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-10-2019 só ingevul:



Die Nederlandse ekwivalent vir die Afrikaanse "wasbak" is "wastafel".
Wat is die woordsoort van die woord "wasbak" in bostaande sin?


4 % (afgerond)adjektief
5 % (afgerond)bywoord
89 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
2 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die ontvoerders het ʼn miljoen rand as ........ vir die ontvoerde dogtertjie geëis.


89 % (afgerond)losprys 
7 % (afgerond)los-prys
4 % (afgerond)los prys

ʼn Samestelling (“losprys”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“los” en “prys”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Hierdie ........ bestee jaarliks duisende rand se kos aan armes.


80 % (afgerond)filantroop 
16 % (afgerond)filantropis
4 % (afgerond)filantropist

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "filantroop", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Idioom: Moenie ........ honde wakker maak nie.


5 % (afgerond)bruin
3 % (afgerond)mooi
5 % (afgerond)blaffende
87 % (afgerond)slapende 

Die idioom "moenie slapende honde wakker maak nie" beteken ‘laat sake staan wat onaangename gevolge kan hê’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties