Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 21-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 21 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-10-2019 só ingevul:



Die wasgoed ........ in die son.


32 % (afgerond)verblyk
2 % (afgerond)ferbleik
65 % (afgerond)verbleik 
1 % (afgerond)ferblyk

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die muur het 'n ........ .


12 % (afgerond)kraaktjie
4 % (afgerond)krakentjie
72 % (afgerond)krakie 
13 % (afgerond)kraakie

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 15.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Die ........ is die grootste takrivier van die Oranjerivier in Suid-Afrika


11 % (afgerond)Vaal Rivier
2 % (afgerond)vaalrivier
83 % (afgerond)Vaalrivier 
4 % (afgerond)Vaal rivier

Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




'n Antoniem vir die woord "goed" is ........ .


13 % (afgerond)bevredigend
4 % (afgerond)beter
3 % (afgerond)lekker
80 % (afgerond)sleg 

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het, byvoorbeeld "goed - sleg".
Sien ook die bladsy Antonieme.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties