Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 22-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 22 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-10-2019 só ingevul:



Die skilder het besluit om slegs die vrou se ........ in sy skildery te gebruik.


1 % (afgerond)silhoeet
83 % (afgerond)silhoeët 
6 % (afgerond)silhoeëet
10 % (afgerond)silhoët

Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Ek wil liewer nie daar werk nie; daar's te veel ........ .


3 % (afgerond)kaatjies van die bane
kaatjie van die bane
12 % (afgerond)katjies van die baan
84 % (afgerond)kaatjies van die baan 

In die idioom "kaatjie van die baan" is "kaatjie" die kern en neem dus die meervoud: "kaatjies van die baan".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die bevolking van Suid-Afrika bestaan hoofsaaklik uit ........ .


61 % (afgerond)swartmense
27 % (afgerond)swart mense 
1 % (afgerond)Swart mense
11 % (afgerond)Swartmense

Histories beskrywende kleurbenamings vir bevolkingsgroepe en vir lede van sulke groepe begin nie met 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Die ........ is in 'n grot in die Wesoewer tussen 1946 en 1956 ontdek.


16 % (afgerond)Qumran-rolle
11 % (afgerond)Qoemranrolle 
33 % (afgerond)Koemranrolle
39 % (afgerond)Qumranrolle

Sommige internasionale plekname word gedeeltelik verafrikaans. Woorde van vreemde herkoms met ʼn gedeeltelik verafrikaanste spelling val in die tussenklas.
Sien ook die bladsy Tussenklas.




TOTAALRESULTAAT:
51% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties