Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 23-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 23 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-10-2019 só ingevul:



'n Studenteleier ........


88 % (afgerond), Tsego Mahlangu, sê hulle gaan voort met betogings. 
3 % (afgerond)Tsego Mahlangu sê hulle gaan voort met betogings.
6 % (afgerond)Tsego Mahlangu, sê hulle gaan voort met betogings.
3 % (afgerond), Tsego Mahlangu sê hulle gaan voort met betogings.

'n Komma kom in die middel van 'n sin voor en ná die naam van 'n aangesprokene.
(Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Komma.




Ons was die naweek by die dieretuin; die kinders het veral die ........ geniet met die leeus en tiere.


91 % (afgerond)grootkatafdeling 
1 % (afgerond)groot kat afdeling
5 % (afgerond)groot kat-afdeling
3 % (afgerond)groot katafdeling

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "groot" + selfstandige naamwoord "kat") en ʼn selfstandige naamwoord "afdeling".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




[ə] ........ 'n middelvokaal.


8 % (afgerond)Is
17 % (afgerond)Is of is
75 % (afgerond)is 

Indien 'n sin met 'n syfer, getal of simbool begin, kry die daaropvolgende woord, of die eerste letter daarna, nie 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Idioom: 'n Mens kan nie 'n ........ sonder 'n hand maak nie.


4 % (afgerond)huis
3 % (afgerond)kunswerk
93 % (afgerond)vuis 

Die uitdrukking "'n mens kan nie 'n vuis maak sonder 'n hand maak nie," beteken 'n mens kan nie die onmoontlike doen nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties