Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 29-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-10-2019 só ingevul:



Jaco is een van die ........ leerders in die skool.


1 % (afgerond)meer knap
97 % (afgerond)knapste 
2 % (afgerond)mees knapste
meer knapste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “knap”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “knapper” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die knapste”. In die oortreffende trap word die woord "mees" nooit saam met "-ste" gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Ingenieurs moet hul berekeninge ........ doen, anders kan dit katastrofiese gevolge hê.


99 % (afgerond)akkuraat 
1 % (afgerond)akkuraad
akkieraat
akkiraat

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf sommige mense verkeerdelik "akkiraat" of "akkieraat" in plaas van die korrekte "akkuraat".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Dominee lees voor uit die ........ .


15 % (afgerond)kanselbybel
76 % (afgerond)Kanselbybel 
6 % (afgerond)Kansel-Bybel
4 % (afgerond)kansel-Bybel

Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die ouditeurs het die boeke in ........ nagegaan.


1 % (afgerond)deteil
98 % (afgerond)detail 
1 % (afgerond)dietail
1 % (afgerond)dieteil

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties