Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 29-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-10-2019 só ingevul:



ʼn Leërkamp in die oop veld waar soldate oornag, meestal sonder tente, staan bekend as 'n ........ .



2 % (afgerond)biefak
86 % (afgerond)bivak 
9 % (afgerond)bifak
4 % (afgerond)bievak

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Ons het vandag by die ........ gekuier.


38 % (afgerond)Le Rouxs 
2 % (afgerond)Les Rouxs
1 % (afgerond)Les Roux
60 % (afgerond)Le Roux's

Anders as in Frans (waarvan die van "Le Roux" afkomstig is), word daar 'n "s" in Afrikaans gebruik in die meervoudsvorm, sonder 'n afkappingsteken. Daar kom ook nie 'n "s" na "Le" nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Hierdie fliek bevat geen ........ nie.


7 % (afgerond)slegs Godslastering
54 % (afgerond)slegs godslastering 
38 % (afgerond)Godslastering of godslastering

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Die student het aansoek om toelating tot die universiteit ........ .


4 % (afgerond)gemaak
2 % (afgerond)gedien
94 % (afgerond)gedoen 

Vroeër is hoofsaaklik die woord "doen" gebruik by selfstandige naamwoorde waar "maak" deesdae meer algemeen voorkom. Sommige woorde, byvoorbeeld "aansoek" word egter net met "doen" voltooi. Vir 'n lys van sulke woorde kyk op bladsy 102 in Skryf Afrikaans A tot Z.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties