Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 30-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 30 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-10-2019 só ingevul:



Weens die droogte moes boere byna al hul skape ........ .


13 % (afgerond)keel-af sny
4 % (afgerond)keel af sny
52 % (afgerond)keelaf sny 
31 % (afgerond)keel afsny

Die woord "keelaf" is 'n samestelling van 'n naamwoord "keel" en 'n setsel "af". Ander voorbeelde sluit in "bergop", "dagin en daguit", "koopaf" en "stroomop". Samestellings moet vas geskryf word (AWS 15.3).
Sien ook die bladsy Samestellings.




Het u enige ........ waarvan ons bewus moet wees?


91 % (afgerond)allergieë 
1 % (afgerond)allergiee
7 % (afgerond)alergieë
1 % (afgerond)allergies

Die deelteken word gebruik om meervoud aan te dui op woorde wat op "-ie" eindig.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Idioom: Moenie ou skoene ........ voor jy nie nuwes het nie.


9 % (afgerond)bêre
1 % (afgerond)politoer
90 % (afgerond)weggooi 

Hierdie idioom beteken 'moenie van 'n ou ding ontslae raak voor die nuwe nie daar is nie'.
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Pieter is 'n regte ou ........ .


11 % (afgerond)Plaasjapie
plaas-Japie
87 % (afgerond)plaasjapie 
1 % (afgerond)Plaas Japie

Iemand wat van die plaas af kom, word 'n "plaasjapie" genoem.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties