Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 06-11-2019 (vlak 1)



vorige toets 06 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-11-2019 só ingevul:



Vorster het druk op Smith ........ vir ’n demokratiese bestel.


3 % (afgerond)uit ge-oefen
7 % (afgerond)uit geoefen
6 % (afgerond)uitgeöefen
85 % (afgerond)uitgeoefen 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het ("uitoefen"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Juffrou Koekemoer se bedanking het ʼn ........ by die skool laat ontstaan.


3 % (afgerond)faketure
8 % (afgerond)vaketure
78 % (afgerond)vakature 
10 % (afgerond)fakature

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Rhoda is ........ na die telefoonnommer van die bekende teler in Kaapstad.



46 % (afgerond)op soek 
53 % (afgerond)opsoek
1 % (afgerond)op-soek
soek op

In die sin "op soek na" word "op soek" los geskryf; in die werkwoordvorm "ek moet iets opsoek" word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die rose floreer in hierdie bedding.
'n Sinoniem vir "floreer" in bostaande sin is ........ .



19 % (afgerond)blom
74 % (afgerond)gedy 
1 % (afgerond)ruig
6 % (afgerond)welig

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "floreer - gedy".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties