08 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-11-2019 só ingevul:
Hierdie maand se ........ van die tydskrif was een van die bestes nog.
uitgewe uitgawe uitgaaf uitgeef
’n Plek wat publikasies uitgee is ’n "uitgewer"; die bepaalde publikasie wat daardie maand of week uitgegee word, is die "uitgawe"; die uitgewer "gee" die uitgawe "uit".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die skrywer is onlangs met die Hertzogprys ........ .
begekroon bekroon gebekroon
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("vergiftig"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Idioom: Iets op die ........ bring.
boeke lappe skinkbord klere
Die idioom "iets op die lappe bring", beteken 'iets openbaar of ter sprake bring'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die beeste soek skadu teen die warm middagson. Wat is die woordsoort van die woord "skadu" in bostaande sin?
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: skadu - die skadu - skadu's.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)