Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 12-11-2019 (vlak 1)



vorige toets 12 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-11-2019 só ingevul:



Dit sneeu al heeldag.
Wat is die woordsoort van "sneeu" in bostaande sin?


1 % (afgerond)adjektief
79 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)bywoord
18 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "sneeu - gesneeu".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Kleuters is mal daaroor om op ’n ........ te klouter.


1 % (afgerond)klim raam
1 % (afgerond)klimram
klim ram
98 % (afgerond)klimraam 

ʼn Samestelling ("klimraam") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("klim" en "raam") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Wat maak julle vir ........ ?


65 % (afgerond)Krismis 
13 % (afgerond)Krismes
1 % (afgerond)krismes
21 % (afgerond)krismis

Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae ("Krismis") word met ʼn hoofletter geskryf. Die woord "Krismis" word veral in informele spreektaal aangetref. In meer formele, geskrewe kontekste gebruik ons "Kersfees".
Sien ook die bladsy Feesdae.




Hulle twee is voëls van ........ vere.


4 % (afgerond)êners
7 % (afgerond)eners
72 % (afgerond)enerse 
17 % (afgerond)eenerse

Die idioom "voëls van enerse vere" beteken ‘hul geaardhede is dieselfde’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties