12 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-11-2019 só ingevul:
Die ........ loer uit sy gat.
meerkaaikie meerkatjie meerkaaitjie meerkaatjie
Soos wat "kat" se verkleiningsvorm "katjie" is, so is "meerkat" se verkleiningsvorm "meerkatjie" (al word die "a" soms lank uitgespreek).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die polisie het ná die ongeluk 'n verklaring by 'n ........ afgeneem.
oog getye oog getuie ooggetye ooggetuie
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “ooggetye” in plaas van die korrekte “ooggetuie”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Potchefstroom is in ........ geleë.
Noord-Wes Provinsie Noordwes Provinsie Noordwes Noord-Wes
Die amptelike naam van die provinsie is "Noordwes" sonder die woord "provinsie", net soos "Oos-Kaap" of "Gauteng".
Sien ook die bladsy Plekname.
Die boewe het die kind ........ en 'n losprys van haar ouers geëis.
vervoer gevoer ontvoer
Die woord "ontvoer" beteken 'iemand teen sy/haar wil wegneem'; die woord "vervoer" beteken 'transporteer'; die woord "gevoer" is die verlede tyd van "voer", wat beteken 'om iemand kos te gee'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)