Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 13-11-2019 (vlak 2)



vorige toets 13 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-11-2019 só ingevul:



Sodra die tandarts jou inspuit, sal die pyn gou ........ .



86 % (afgerond)oorgaan 
14 % (afgerond)oor gaan
oor-gaan

Werkwoordsamestellings bestaande uit 'n voorsetsel en 'n stam word gewoonlik vas geskryf, byvoorbeeld "oorgaan", "inloop", "bylê" en "deurvoer".
Sien ook die bladsy Samestellings.




ʼn ........ is pynlik, lastig en onooglik.


49 % (afgerond)Negeoog 
46 % (afgerond)Nege-oog
5 % (afgerond)Negeöog

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "a", "o", "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "negeoog", "geolie", "chaos" "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.




Die verhoging in die petrolprys is 'n saak wat my ........ ; ek kan in elk geval niks daaraan doen nie.


1 % (afgerond)laat vries
87 % (afgerond)koud laat 
1 % (afgerond)laat koud kry
11 % (afgerond)laat ys

Die uitdrukking "koud laat" beteken 'ongeïnteresseerd', 'sonder geesdrif' en 'nie hartlik nie'. Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Annelene se ouers raak baie kwaad as daar goedsmoeds na ........ rituele in die media verwys word.


1 % (afgerond)slegs Satanisties
56 % (afgerond)Satanistiese of satanistiese 
5 % (afgerond)Satanisties of satanisties
37 % (afgerond)slegs satanistiese

Afleidings op "-isties(e)" wat uit eiename gevorm is, kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties