Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 13-07-2020 (vlak 1)



vorige toets 13 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-07-2020 só ingevul:



My pa werk ........ in die myn.


2 % (afgerond)onnergronds
3 % (afgerond)onder grond
80 % (afgerond)ondergronds 
15 % (afgerond)ondergrond

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die "d" in "ondergronds") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.




Die ........ droogte in die land gaan voedselpryse laat styg.


9 % (afgerond)kommerwekkend
1 % (afgerond)kommerwek
4 % (afgerond)kommer wekkende
86 % (afgerond)kommerwekkende 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("kommerwekkend"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die woonbuurt, ........ , is langs die Hartbeespoortdam geleë.


5 % (afgerond)kosmos
5 % (afgerond)Kosmos of kosmos
89 % (afgerond)Kosmos 
1 % (afgerond)Kos-mos

Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




Woorde wat net so oorgeneem is uit ander tale en wat hulle oorspronklike spelvorm behou, noem ons ........ .


49 % (afgerond)vreemde woorde 
32 % (afgerond)verafrikaanste woorde
5 % (afgerond)homonieme
15 % (afgerond)wisselvorme

Indien vreemde woorde verafrikaans sou word, sou hulle vir ons vreemder lyk as in die oorspronklike spelvorm. Bekende voorbeelde van vreemde woorde sluit in: "pizza", "steak", "denim", "casanova" en "chalet".
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties