Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 14-11-2019 (vlak 2)



vorige toets 14 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-11-2019 só ingevul:



Die minister onthaal sy vriende ........ .



1 % (afgerond)royale
7 % (afgerond)royaal
93 % (afgerond)rojaal 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "rojaal" kom van Frans.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




Dit is die ........ liedjie wat ek nog gehoor het.


6 % (afgerond)mees eentonigste
94 % (afgerond)eentonigste  
eentonig
meer eentonig

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “eentonig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “eentoniger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die eentonigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die landmassa wat uit Europa en Asië bestaan, word ........ genoem.


20 % (afgerond)Euro-Asië
1 % (afgerond)euro-asië
eurasië
79 % (afgerond)Eurasië 

Geografiese name, byvoorbeeld die name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




Die afkorting "a.a." in 'n e-pos staan vir ........ .


2 % (afgerond)aanbieding aan
1 % (afgerond)al antwoord
14 % (afgerond)antwoord aan
83 % (afgerond)afskrif aan 

ʼn Afkorting is ʼn verkorte skryfwyse van ʼn woord, groep woorde of organisasies. Daar is vier kategorieë: egte afkortings, simbole en akronieme, waaronder letternaamwoorde en letterklankwoorde val. ʼn Uitgebreide lys afkortings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties