Werkwoorde met drie of meer lettergrepe wat op "-eer" eindig, neem die "ge-" vooraan in die verlede tyd (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
'k ........ , solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof
Sal sal sal of Sal
As die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin (byvoorbeeld die onbepaalde lidwoord), word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy dit 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die betogers sê hulle wil net hul grondwetlike reg vir behoorlike behuising ........ .
uitoefen oefen inoefen beoefen
Die woord "uitoefen" beteken 'laat geld'; die woord "beoefen" beteken 'toelê' of 'jou gereeld mee besig hou'; die woord "oefen" verwys na 'n fisieke aktiwiteit soos sport of 'n vaardigheid.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)