Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 10-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 10 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-03-2020 só ingevul:



In die winter slaap ek onder twee komberse.
Wat is die woordsoort van "komberse" in bostaande sin?



1 % (afgerond)werkwoord
5 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord
93 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “kombers - die kombers – komberse”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Bloubergstrand is bekend vir sy pragtige ........ .


13 % (afgerond)sonsondergangs
78 % (afgerond)sonsondergange  
6 % (afgerond)sonondergangs
3 % (afgerond)sondondergange

By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “sonsondergang”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




........ is een van die belangrikste brandstowwe vir die menslike liggaam.


2 % (afgerond)glukkose
88 % (afgerond)Glukose 
4 % (afgerond)Glukosse
7 % (afgerond)glukose

Die eerste woord van ʼn sin ("Glukose") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




Tant Souf is bekend vir haar ........ sjokoladekoek by die kerkbasaar.


15 % (afgerond)superligte
4 % (afgerond)helderligte
2 % (afgerond)hiperligte
79 % (afgerond)veerligte 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties