Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 19-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 19 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-03-2020 só ingevul:



Ons het by my ........ gaan kuier vir Kersfees.


59 % (afgerond)oom-hulle 
31 % (afgerond)oom hulle
10 % (afgerond)oomhulle

Samestellings wat uit 'n naamwoord ("oom") en 'n voornaamwoord ("hulle") bestaan, word vas aan mekaar geskryf met behulp van 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Dit is moeilik om haar probleem vas te stel, want dit lê ........ in die verre verlede.


17 % (afgerond)erens
83 % (afgerond)êrens 

Die kappie word gebruik om die klank van 'n vokaal te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.




Idioom: Oos wes, ........ bes.


97 % (afgerond)tuis 
1 % (afgerond)tuin
2 % (afgerond)huis
1 % (afgerond)werf

Hierdie idioom beteken 'in jou eie huis is jy die gelukkigste'.
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




'n ........ is 'n heerlike vrug.


98 % (afgerond)Appel 
2 % (afgerond)appel

As die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin (byvoorbeeld die onbepaalde lidwoord), word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy dit 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties