Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 20-03-2020 (vlak 3)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-03-2020 só ingevul:



Die ........ was geskok oor die hofuitspraak.


31 % (afgerond)ter dood veroordeelde
9 % (afgerond)ter doodveroordeelde
3 % (afgerond)terdood veroordeelde
56 % (afgerond)terdoodveroordeelde 

"Terdoodveroordeelde" is 'n samestellende afleiding wat bestaan uit 'n woordgroep ("ter dood veroordeel") en 'n agtervoegsel ("-e").
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




In 2014 is ........ Anwa Dramat geskors as hoof van die Valke.


31 % (afgerond)lt.genl. 
24 % (afgerond)Lt.genl.
25 % (afgerond)lt.-genl.
20 % (afgerond)Lt.-genl.

Die afkorting van "luitenant-generaal" is "lt.genl.". Titels word nie met hoofletters geskryf in die middel van 'n sin nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.




Die bendelede het met mekaar 'n ........ .


1 % (afgerond)'n ooreenkoms deurgevoer.
1 % (afgerond)verbond beklink of gevoer
64 % (afgerond)verbond gesluit of aangegaan 
33 % (afgerond)ooreenkoms beklink of getref

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “'n verbond sluit of aangaan”; “'n transaksie beklink”; “tot elke prys” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die Franse student vind ........ baie moeilik.


50 % (afgerond)beginners-Xhosa
5 % (afgerond)beginnersxhosa
19 % (afgerond)Beginners-Xhosa
26 % (afgerond)Beginnersxhosa 

In saamgestelde taalname wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin die basiese taalnaam ("Xhosa") nie ook met 'n hoofletter nie (AWS 9.11 en 14.13).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
44% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties