Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 20-04-2020 (vlak 3)



Geen vorige toets beskikbaar nie 20 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-04-2020 só ingevul:



Sarah het verlede naweek 'n ou ........ by Hentiesbaai uitgetrek.


12 % (afgerond)grootte
82 % (afgerond)grote 
7 % (afgerond)groote

"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Idioom: ........ raas gewoonlik as dit uit die vat kom.


6 % (afgerond)Water
33 % (afgerond)Wyn
11 % (afgerond)Bier
49 % (afgerond)Brandewyn 

Die idioom "brandewyn raas gewoonlik as dit uit die vat kom", beteken 'besope mense is gewoonlik luidrugtig'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Drie ........ het op die strand uitgespoel.


29 % (afgerond)slegs langbek- gewone dolfyne 
1 % (afgerond)slegs lang bek gewone dolfyne
14 % (afgerond)slegs langbek-gewone-dolfyne
56 % (afgerond)langbek gewone dolfyne of langbek- gewone dolfyne

Volgens die nuwe AWS word moet afstandsamestellings met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“gewone”) sou dit vas geskryf word as “langbekdolfyne”
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die afkorting vir "Februarie" is ........ .


7 % (afgerond)Febr.
Fbr.
51 % (afgerond)Feb. of Febr. 
42 % (afgerond)Feb.

Beide "Februarie" en "September" ("Sep." of "Sept.") het twee afkortingsmoontlikhede. Al die ander maande in die jaar se afkortings bestaan slegs uit drie letters van die maand se naam (meestal eerste drie, maar "Maart" word afgekort met "Mrt.") met 'n punt aan die einde. "Mei" is ook 'n uitsondering: dit het geen afkorting nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.




TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties