Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 21-04-2020 (vlak 2)



vorige toets 21 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-04-2020 só ingevul:



Anton se hare het die ........ gestaan na hulle wilde jaagtog.


24 % (afgerond)woeste
8 % (afgerond)mees woeste
66 % (afgerond)woesste 
2 % (afgerond)mees woesste

As ʼn woord op ʼn "s" eindig, skryf ons twee "s’e" in die oortreffende trap.
Pasop om die trappe van vergelyking twee keer te vorm. Dit is verkeerd om te sê "mees woesste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Ek dink jy moet maar in die ........ parkeer, anders gaan jy sukkel om parkeerplek te kry.


2 % (afgerond)perkade
2 % (afgerond)parkaade
perkaade
96 % (afgerond)parkade 

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die winkel word van Woensdag tot Vrydag gesluit: ........ gaan gedoen word.


66 % (afgerond)voorraadopname
3 % (afgerond)Voorraad opname
25 % (afgerond)Voorraadopname 
6 % (afgerond)voorraad opname

Indien 'n volsin ná 'n dubbelpunt volg, word dit met 'n hoofletter geskryf. (AWS 13.19)
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.




Van my ........ was Duits.


15 % (afgerond)voorsade
1 % (afgerond)voorsatens
80 % (afgerond)voorsate 
3 % (afgerond)voorsadens

Die woord "voorsaat", wat 'voorouer' beteken, eindig met 'n "t" teenoor die woord "saad" wat 'n mens saai, wat met 'n "d" eindig.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties