Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 24-04-2020 (vlak 3)



vorige toets 24 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-04-2020 só ingevul:



Die ........ het het binne sekondes ná lansering die vuurpyl van sy koers laat afwyk.


4 % (afgerond)Proton M vuurpylaanjaer
23 % (afgerond)Proton-M vuurpylaanjaer
35 % (afgerond)Proton M-vuurpylaanjaer
38 % (afgerond)Proton-M-vuurpylaanjaer 

Die naam van die vuurpyl is "Proton-M". In 'n samestelling kom daar dus nog 'n koppelteken om die res van die woord aan die eerste deel te koppel, "Proton-M-vuurpylaanjaer".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




'n Woord wat van 'n ander taal ontleen is en meestal met sy oorspronklike spelling deel word van Afrikaans noem 'n mens 'n ...


2 % (afgerond)leenvertaling
86 % (afgerond)leenwoord 
latinisme
11 % (afgerond)anglisisme

Voorbeelde van leenwoorde in Afrikaans is "steak", "eisteddfod", "avant-garde" en "pizza".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Dertien staan ook alom bekend as 'n ........ .


9 % (afgerond)slagtersdosyn
1 % (afgerond)wetenskaplike dosyn
87 % (afgerond)bakkersdosyn 
3 % (afgerond)wiskundige dosyn

Etlike jare gelede het bakkers een brood by hul dosyn (twaalf) bygevoeg om vervolging weens streng wette oor geknoeiery vry te spring. Vandaar die uitdrukking "'n bakkersdosyn" wat dan "dertien" in stede van "twaalf" is.
Sien ook die bladsy Uitdrukkings en segswyses.




ʼn Beunhaas is ........ .



7 % (afgerond)ʼn tradisionele gereg van haasvleis
59 % (afgerond)iemand wat nie weet wat hy doen nie, ʼn knoeier 
21 % (afgerond)ʼn tengerige adolessent
13 % (afgerond)ʼn haassoort wat slegs in die Klein-Karoo voorkom

Die woord "beunhaas" verwys na iemand wat knoei met handewerk, of onbekwaam is. In die sewentiende eeu het die woord "bönhase" verwys na ʼn handwerker wat nie aan ʼn gilde behoort nie. Dit was dikwels kleremakers wat onwettig op ʼn solder ("böne") gewerk het. (Bron: Etymologisch Woordenboek van het Nederlands)

Sien ook die bladsy Persoonsname.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties