Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 28-04-2020 (vlak 1)



vorige toets 28 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-04-2020 só ingevul:



Die gebou is in die sentrale sakegebied van die stad geleë.
Wat is die woordsoort van "sentrale" in bostaande sin?


14 % (afgerond)bywoord
7 % (afgerond)voornaamwoord
15 % (afgerond)selfstandige naamwoord
64 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 

’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “sentrale” gebied.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Ek sal 'n ........ moet kry om by my doelwitte uit te kom.


76 % (afgerond)vyfjaarplan 
11 % (afgerond)vyf jaar plan
10 % (afgerond)vyfjaar plan
3 % (afgerond)vyf jaarplan

Samestellende samestellings bestaan tipies uit die verbinding tussen 'n woordgroep ("vyf" + "jaar") en 'n selfstandige naamwoord ("plan") en word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die Arabiese woord vir God is " ........ ".


16 % (afgerond)allah of Allah
slegs Alaa
1 % (afgerond)slegs allah
82 % (afgerond)slegs Allah 

Godsdienstige eerbiedsbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Uitdrukking: Van die begin tot die ........ .


1 % (afgerond)middel
13 % (afgerond)end 
85 % (afgerond)einde
1 % (afgerond)stert

Die uitdrukking "van die begin tot die end", beteken 'van aanvang tot voltooiing'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties