Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 30-04-2020 (vlak 1)



vorige toets 30 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-04-2020 só ingevul:



Toe ons deur die wildtuin ry, het ons 'n ........ by 'n watergat gesien.


3 % (afgerond)water-buffel
4 % (afgerond)water buffel
93 % (afgerond)waterbuffel 

ʼn Samestelling (“waterbuffel”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“water” en “buffel”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




My ........ dank vir jou hulp.



1 % (afgerond)oprëgte
95 % (afgerond)opregte 
3 % (afgerond)oprêgte
1 % (afgerond)oprégte

Die eerste "e" in die woord "opregte" word nie gerek nie en kry dus nie 'n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.




Die koppie het ........ en flenters op die vloer geval.



79 % (afgerond)fyn 
6 % (afgerond)flaters
2 % (afgerond)flop
13 % (afgerond)flint

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “fyn en flenters”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 21 Maart gevier word?



15 % (afgerond)Menseregte Dag
2 % (afgerond)Mense Regte Dag
4 % (afgerond)menseregtedag
79 % (afgerond)Menseregtedag 

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf. "Menseregtedag" is 'n samestelling en word daarom vas geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties