Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 07-05-2020 (vlak 3)



vorige toets 07 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-05-2020 só ingevul:



Sarel het hom ........ toe hy hoor die boelie is uitgevang.


97 % (afgerond)verkneukel 
ferkneukel
2 % (afgerond)geverkneukel
geferkneukel

"Verkneukel" beteken om 'stilletjies lekker te kry oor iets'.
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er"-, "ont-" en "ver-" begin, kry nie 'n "ge-" in die verlede tyd nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Die bestaan wat hulle op die plot voer, is maar baie ........ .


1 % (afgerond)versukkild
99 % (afgerond)versukkeld 
virsukkeld
virsukkild

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, hier in die voorvoegsel "ver-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Dawid, gee asseblief vir my die ........ aan!


32 % (afgerond)nommer-19-moersleutel
60 % (afgerond)nommer 19-moersleutel  
8 % (afgerond)nommer 19 moersleutel

Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf.
Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort".
(Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die Franse owerheid sukkel om migrante te huisves nadat 'n brand die Grande-Synthe-kamp naby ........ verwoes het.


7 % (afgerond)Dunkerque
47 % (afgerond)Duinkerken 
19 % (afgerond)Dunkirk
27 % (afgerond)Duinkerke

Die Franse stad wat voorheen deel van Vlaandere was, heet in Frans "Dunkerque", in Engels "Dunkirk" en in Afrikaans "Duinkerken". In moderne Nederlands word dit wel sonder die slot-n gespel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties