Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 11-05-2020 (vlak 1)



vorige toets 11 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-05-2020 só ingevul:



Dirk is 'n ........ op die gebied van kwantumfisika.


1 % (afgerond)meuster
97 % (afgerond)meester 
mester
1 % (afgerond)meëster

In geslote lettergrepe (soos in die woord “meester”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die hospitaal het John gister ná sy operasie ........ .


97 % (afgerond)ontslaan 
geöntslaan
1 % (afgerond)ongeslaan
2 % (afgerond)geontslaan

Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("vertrek"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Die vyfde planeet vanaf die Son is ........ .


9 % (afgerond)jupiter of Jupiter
1 % (afgerond)jupiter
91 % (afgerond)Jupiter 

Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Sy lyk nes haar ma.
Wat is die woordsoort van "lyk" in bostaande sin.


5 % (afgerond)voegwoord
71 % (afgerond)werkwoord 
11 % (afgerond)selfstandige naamwoord
12 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties