Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 12-05-2020 (vlak 1)



vorige toets 12 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-05-2020 só ingevul:



Kry kwotasies van verskillende maatskappye voordat jy besluit watter een om te gebruik.
Wat is die woordsoort van "kwotasies" in bostaande sin?



3 % (afgerond)bywoord
91 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
5 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)voegwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “kwotasie - die kwotasie – kwotasies”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Ons het in die kleuterskool leer ........ speel.


20 % (afgerond)een beentjie
1 % (afgerond)een beenkie
77 % (afgerond)eenbeentjie 
2 % (afgerond)eenbeenkie

Telwoorde (soos "een") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "been") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die plaaslike sakeonderneming het twee ........ .


15 % (afgerond)Senior Bestuurders
73 % (afgerond)senior bestuurders 
2 % (afgerond)senior Bestuurders
10 % (afgerond)Senior bestuurders

Wanneer 'n ampsbenaming ("senior bestuurder") of die naam van 'n instelling 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




Ek wou my sussie bel, maar die lyn is ........ .


98 % (afgerond)morsdood 
1 % (afgerond)sieldood
1 % (afgerond)smoordood
stokdood

Die intensiewe vorm van "dood" is "morsdood".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties