Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 12-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 12 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-05-2020 só ingevul:



Daar is altesaam 34 ........ van die siekte aangemeld.


1 % (afgerond)gevallens
gevals
99 % (afgerond)gevalle 

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Nege ........ drie is ses.



99 % (afgerond)minus 
miennus
mienus
minnes

Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die ........ is die voorsitter van die parlement.


52 % (afgerond)speaker of Speaker 
8 % (afgerond)slegs speaker
40 % (afgerond)slegs Speaker

'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Die griep maak my ........ .



26 % (afgerond)miserabel 
7 % (afgerond)miserable
67 % (afgerond)misrabel

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "miserabel" kom van die Latyn "misérabilis", van "miserari" wat 'bejammer' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties