Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 14-05-2020 (vlak 1)



vorige toets 14 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-05-2020 só ingevul:



Die ........ het vasgehaak; nou kan ek nie meer die broek aantrek nie.



79 % (afgerond)ritssluiter 
1 % (afgerond)ritsslyter
1 % (afgerond)ritsleiter
19 % (afgerond)ritsluiter

ʼn Samestelling (“ritssluiter”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“rits” en “sluiter”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Springbokke ........ se lammetjies word gewoonlik in November gebore.


10 % (afgerond)Suid-Afrika se nasionale diere
7 % (afgerond)"Suid-Afrika se nasionale diere"
82 % (afgerond)(Suid-Afrika se nasionale diere) 
2 % (afgerond)"(Suid-Afrika se nasionale diere)"

Hakies word gebruik rondom mededelings wat bygelas word.
Bronne:
http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Nasionale_Simbole_van_Suid-Afrika
http://af.wikipedia.org/wiki/Springbok
Sien ook die bladsy Hakies.




Idioom: Hy is 'n ........ sonder bedrog.


74 % (afgerond)Israeliet 
8 % (afgerond)Spanjaard
8 % (afgerond)Italianer
10 % (afgerond)Suid-Afrikaner

Om na ʼn baie eerlike ou te verwys, sê ons in die idioom hy is ʼn Israeliet sonder bedrog.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




’n ........ is darem maar lekker saam met braaivleis.


4 % (afgerond)Buur
15 % (afgerond)bier
1 % (afgerond)buur
80 % (afgerond)Bier 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties