Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 15-05-2020 (vlak 1)



vorige toets 15 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-05-2020 só ingevul:



’n Sinoniem vir ’n seeleeu is ’n ........ .


3 % (afgerond)rop
5 % (afgerond)seekoei
90 % (afgerond)rob 
2 % (afgerond)seekat

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




As kind het ek my ........ aan die veelkleurige tropiese visse in ons buurman se vistenk.


1 % (afgerond)vergewonder
98 % (afgerond)verwonder 
1 % (afgerond)geverwonder

Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("verwonder"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd of verboë vorm nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Die klein ........ wil vir my kom vertel hoe om te boer!



3 % (afgerond)snees
37 % (afgerond)snotneus
2 % (afgerond)snotter
58 % (afgerond)snotkop 

'n Plat manier om 'n jong, onervare persoon wat ook gehoor wil word te beskryf, noem ons 'n "snotkop".
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




Waarvoor staan die afkorting "gewest."?


15 % (afgerond)geallieerd-Westers(e)
5 % (afgerond)gewese
81 % (afgerond)gewestelik(e) 

Die afkorting "gewest." staan vir "gewestelik(e)" wat 'provinsiaal' of 'betreffende 'n streek' beteken. "Gewestelike taal" sou byvoorbeeld na 'n 'streeksdialek' kon verwys.
Sien ook die bladsy Afkortings.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties