Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 15-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 15 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-05-2020 só ingevul:



Julle kan groot pryse wen as julle vir die ........ inskryf.


1 % (afgerond)kompetissie
5 % (afgerond)kompetiesie
94 % (afgerond)kompetisie 
kompetiessie

Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Vroegoggend ........ die groot duiwe op die dak.



8 % (afgerond)koel-koel
37 % (afgerond)kir 
6 % (afgerond)tjirp
48 % (afgerond)tortel

Duiwe kir, koer, koerdoek of koekoe, terwyl kalkoene koel-koel en voëltjies tjirp of tjilp. Die woord "tortel" is slegs ʼn naamwoord wat ook gebruik word om na ʼn soort duif te verwys. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het swak ........ die skuld gegee vir die polisie se mislukte poging om misdaad te bekamp.


14 % (afgerond)polisieïntelligensie
49 % (afgerond)polisie-intelligensie 
22 % (afgerond)polisieintelligensie
16 % (afgerond)polisie intelligensie

In sommige samestellings moet 'n mens 'n koppelteken gebruik, byvoorbeeld by opeenhoping van klinkers. As die eerste deel van die samestelling op 'n klinker eindig en die tweede deel met 'n klinker begin, kan 'n mens moontlik die woord verkeerd uitspreek omdat 'n mens die klinkers saamtrek.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die navorser doen ʼn ........ om die uitwerking van stres op atlete te bepaal.


97 % (afgerond)eksperiment 
3 % (afgerond)experiment
1 % (afgerond)eksprement
experement

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “eksperiment”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "eksperiment" kom van die Latayn "experire" af.
Sien ook die bladsy Tussenklas.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties