Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 18-05-2020 (vlak 1)



vorige toets 18 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-05-2020 só ingevul:



Lebogang se kinders het haar by die spa laat ........ vir haar verjaardag.


3 % (afgerond)pamper lang
pampur-lang
96 % (afgerond)pamperlang 
1 % (afgerond)pampurlang

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "pampurlang" in plaas van die korrekte "pamperlang".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Hoeveel ........ het julle vandag geskeer?


90 % (afgerond)vagte 
5 % (afgerond)vagtens
2 % (afgerond)vags
3 % (afgerond)vaggens

Sommige meervoude soos "vagte", "gaste", "nagte" eindig ook op "-e", maar die ekstra "t" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die wêreldbekende natuurverskynsel naby Oudtshoorn staan bekend as die ........ .


13 % (afgerond)Kangeroegrot
3 % (afgerond)kangeroegrot
3 % (afgerond)kangogrotte
81 % (afgerond)Kangogrotte 

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge, grotte ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.




Die wind ........ die wolke see toe.


6 % (afgerond)druif
92 % (afgerond)dryf 
dreiv
2 % (afgerond)dreif


Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".

Sien ook die bladsy Klankverwarring.




TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties