02 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-05-2024 só ingevul:
Ons het vandag 'n ........ in die klasopgevoer waar Rooikappie deur die wolf gevang word.
dramaatjie
dramaa'tjie
drama'tjie dramatjie
Indien 'n woord op 'n kort "a" eindig, kry dit nie in die verkleiningsvorm 'n afkappingsteken nie. Wanneer die word op 'n lang "a" eindig, kry dit wel 'n afkappingsteken in die verkleiningsvorm. Byvoorbeeld: "drama - dramatjie", maar "hoera - "hoera'tjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
'n Betaling van R1500,00 is van die huurder ontvang, ........ 'n eerste terugbetaling op die skade wat in die badkamer aangerig is.
suinde
siende synde
seinde
Die woord "synde" is die ietwat argaïese teenwoordige deelwoord van die Afrikaanse infinitief, "wees", en die Afrikaanse ekwivalent van die Engelse "being". Gebruikers verwar "synde" dikwels met "siende".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ is verantwoordelik vir verlof en nuwe aanstellings.
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "menslike" + selfstandige naamwoord "hulpbron") en ʼn selfstandige naamwoord "bestuurder".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Judas is as 'n verraaier gebrandmerk. Die boer het sy beeste gebrandmerk met 'n eiendomsmerk. Die woord "gebrandmerk" in bostaande sinne is 'n ........ .
sinoniem poliseem
homoniem
antoniem
Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld: Hy is "gebrandmerk" as 'n verraaier. Die beeste is "gebrandmerk" met 'n eiendomsmerk.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)