Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 26-03-2024 (vlak 3)



vorige toets 26 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-03-2024 só ingevul:



Die ........ met die skoenlappermotief was vir haar pragtig.


1 % (afgerond)kammitjie
kamiki
96 % (afgerond)kammetjie 
3 % (afgerond)kammietjie

Die [i]-klank word in die verkleiningsuitgang "-etjie" deur "e" weergegee.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die ........ wol is reeds verpak vir die mark.


slegs geklast
11 % (afgerond)slegs geklasde
73 % (afgerond)geklaste of geklasde 
16 % (afgerond)slegs geklaste

'n Deelwoord is 'n woord wat deels 'n werkwoord en deels 'n ander woordsoort is. Dit kan byvoorbeeld 'n selfstandige of byvoeglike naamwoord, 'n bywoord of 'n ander werkwoord wees.
As die werkwoord op "f", "g" of "s" eindig, kry dit "ge-+-te" of "ge-+-de" in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Ek werk in kantoor 203 van die ........ .


47 % (afgerond)Administrasiegebou 
53 % (afgerond)administrasiegebou

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.




Die woorde "kopie" (wat na 'n 'voordelige aankoop' verwys) en "kopie" (wat 'afskrif' beteken), is ........ van mekaar.


18 % (afgerond)homograwe 
18 % (afgerond)homofone
49 % (afgerond)homonieme
15 % (afgerond)poliseme

Homograwe is woorde met dieselfde spelling, maar met verskillende betekenis en uitspraak. Die uitspraak van "kopie" (meervoud "kopies") en "kopie" (meervoud "kopieë") verskil deurdat die klem in eersgenoemde geval op die eerste lettergreep val en in laasgenoemde geval op die tweede lettergreep.
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties