07 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-08-2025 só ingevul:
Sorg dat jy altyd ʼn ........ in jou bankrekening het.
saltdo saldoe saldo
Vreemde woorde ("saldo") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Die misdadigers het die egpaar van die lughawe af ........ .
agtergevolg geagtervolg agtervolg agter gevolg
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Eerwaarde Allan Hendrickse het in 1984 die verkiesing in die ... gewen.
slegs huis van verteenwoordigers slegs Huis van Verteenwoordigers huis van verteenwoordigers of Huis van Verteenwoordigers
Soortname wat as eiename optree, kry hoofletters, byvoorbeeld "Huis van Verteenwoordigers", Departement van Binnelandse Sake", Afrikaanse Hoër Seunskool en Slag van Magersfontein (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Candice wil Vrydagaand uitgaan. Wat is die woordsoort van "uitgaan" in bostaande sin?
gangbare hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord
In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die slang pik vir Nomsa. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Candice wil Vrydagaand uitgaan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)